| xxxxxxx |
|
TABEMA
SE VISIE:Om 'n billike, logiese en bekostigbare taalbedeling op
Suid-Afrikaanse televisiedienste te verkry - wat die regte, aspirasies,
kultuur en geografiese verspreiding van elke taalgroep in ag neem
|
.
|
DIE
FEITE: So praat die SABC: |
.
| Verslag van samesprekings
tussen TABEMA en SABC op 5 Desember 2001: klik
hier |
Die SABC se taalbeleid
van 1994 sê die volgende:
-
Die taalindeling op televisiedienste
van die SABC vind plaas volgens die "gees van die grondwet"
-
Die indeling is in ooreenstemming
met die SABC se "visie en waardes"
-
Die SABC strewe daarna om
'n "helende rol" te speel
-
Die organisasie wil "gemeenskaplike
Suid-Afrikaansheid" bevorder
-
Hulle voel hulle laat "gelykberegtiging
en billikheid" geskied
Oor
hul praktyk op SABC 1, 2 en 3 sê die SABC:
-
Afrikaans en Engels op een
TV-kanaal is "politically objectionable" (daarom is Afrikaans en
Engels sedert 1994 geskei, en Afrikaans saam met die Sotho tale op SABC2
saamgegroepeer)
-
Engels is die "ankertaal"
van die SABC en die (enigste) lingua franca van Suid-Afrika; daarom
word een hele kanaal (SABC3) eksklusief aan Engels toegedeel
-
Die ou TV1 met Afrikaans
en Engels was 'n "wit" kanaal (al bewys die statistieke die teendeel)
-
Die eksklusiewe Engelse SABC3
kanaal is vir "quality shows"
GRONDWETLIKE
AANSPRAKE
'n
Land of 'n nasionale uitsaaier wat nie die grondwetlike taalregte van minderheidsgroepe
erken en bevredig nie, kan nie staat maak op die lojalitiet van die lede
van so 'n minderheidsgroep nie.
UITSAAIWETGEWING
Die
SABC as Openbare Diens uitsaaier is volgens die Onafhanklike Uitsaai-owerheid
Wet (no 153 van 1993) verplig om te verseker dat
-
die
behoeftes van taal- kultuur en godsdiensgroepe,
-
die
behoeftes van die samestellende streke van die Republiek en plaaslike gemeenskappe
behoorlik in ag geneem word.
AFRIKAANSSPREKENDES
IS 'N BEDUIDENDE TAALGROEP
Afrikaans moedertaalsprekers
maak die derde grootste taalgroep in Suid-Afrika uit. Die relatiewe grootte
van moedertaalsprekers van die Suid-Afrikaanse bevolking is soos volg vir
die agt grootste taalgroepe:
Zulu: 22,9%
Xhosa: 17,9%
Afrikaans:
14,4%
Sepedi: 9,2%
Engels: 8,6%
Setswana: 8,2%
Sesotho: 7,7%
In die westelike geografiese
helfte van Suid-Afrika is Afrikaans die dominante taal, en is dit die huistaal
van 60% van die bevolking. Afrikaans is die dominate taal in 'n derde van
die 271 sensusdistrikte van die hele Suid-Afrika. In die sentrale Vrystaat
en noordelike dele van Suid-Afrika is Sotho die dominante taal; in KwaZulu-Natal
is Zulu die dominante taal, en in die Oos-Kaap is Xhosa die dominante taal.
WEDERSYDSE
VERSTAANBAARHEID
Taalverstaanbaarheid onder
die verskillende bevolkingsgroepe toon duidelik dat geen enkele taal in
Suid-Afrika oorheers nie. Engels word nie verstaan deur 39% van die Kleurlingbevolking
nie. Afrikaans word nie verstaan deur 51% van die Swart bevolkingsgroepe
nie. Zulu word nie verstaan deur 96% Witmense, 100% van die Kleurlingbevolking,
en 78% van die Indiërbevolking nie. Xhosa word nie verstaan deur 97%
van die witmense, 98 van die Kleurlinge, en 96% van die Indiërbevolking
nie. Sotho word insgelyks nie verstaan deur tussen 94% en 100% van die
Witmense, Kleurlinge en Indiërs nie. Dit is nie moontlik om die getal
uitsaaitale te verminder na minder as vier van die tale/taalgroepe Afrikaans,
Engels, Nguni- en Sotho-tale nie.
VERSTAANBAARHEID
99%
van alle Suid-Afrikaners verstaan ten minste een van die volgende tale/taalgroepe:
Afrikaans
Engels
Nguni-tale (Zulu en Xhosa)
Sotho-tale (Noord- en Suid-Sotho)
Dit
volg logieserwys dat hierdie vier tale/taalgroepe die basis behoort te
vorm van enige taalbedeling op TV.
AFRIKAANS
EN ENGELS IS KULTURELE KARPERDE
Afrikaans
en Engels is histories- en kultuurverwante tale (albei oorspronklik van
Germaanse herkoms).
Afrikaans
staan nie vir Engels terug as dit kom by vakterminologie, kykers, luisteraars
en lesers nie. Moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels het 'n hoë
mate van wedersydse verstaandbaarheid van die ander taal.
Die
persentasie Engelstalige kykers wat na Afrikaanse programme kyk, is soos
volg:
Die Nuus: 30%
Pasella: 37%
Noot vir Noot: 34%
Hoe
gewild Afrikaanse TV programme onder TV-kykers van die ander drie hoof
taalgroepe is, word weerspieël deur die SABC se eie statistieke:
Die
kykerstatistieke hierbo na onderskeidelik "Iemand om lief te hê"
en "Noot vir Noot" word in terme van die AR'e ("audience ratings", 'n internasionaal
aanvaarde maatstaaf) gemeet. In elke geval toon die AR syfer die persentasie
van die potensiële kykersgehoorgrootte aan. Bv: Vir "Iemand om lief
te hê" hierbo het die Afrikaanse volwasse gehoor 23% van die potensiële
gehoor uitgemaak, sodat die AR = 23 vir hierdie groep bedra (die middelste
groen balkie in die grafiek links hierbo).
Belangrik
is dit dat die volwasse Engelstalige gehoor vir dieselfde program 'n AR
= 10,6 gelewer het, en in die geval van Nguni-sprekendes 'n AR = 3,4 en
Sotho-sprekendes 'n AR = 4,7 vertoon. In TV-programterme bedra dit beduidende
getalle in alle gevalle.
Die
feit is dat sowel Engelstaliges, as Nguni- en Sotho-eerstetaalsprekers
in beduidende getalle na Afrikaanse TV programme kyk.
AFRIKAANSES
GROOTSTE ENKELE GROEP TV KYKERS
Hoewel
ons taal afgeskeep word, is Afrikaansprekendes steeds die meerderheid van
die SABC se TV-kykers! So lyk die syfers:
Afrikaans: 29,9%
Nguni tale: 28,6%
Sotho tale: 21%
Engels: 20,5%
Van
alle DStv-intekenare is 46% Afrikaanstalig.
Van
alle M-NEt-intekenrare is 65% Afrikaanstalig
(AMPS-syfers
vir die tweede helfte van 1999)
AFRIKAANS
WORD AFGESKEEP
Afrikaans
word afgeskeep op op die SABC se TV-dienste. Die toekenning volgens taalgroep
gedurende spitskyktyd op SABC 1, 2 en 3 is soos volg:
Engels kry 71,9% van spitstyd op TV
Afrikaans kry 7,8%
Die Nguni-taalgroep kry 5,5%
Die Sotho-taalgroep kry 3,9%
Veeltalige
progrmme vul 11,8% van spitskyktyd.
(Bron:
SABC Prime Time Broadcast Schedules April 1999 - February 2000)
| TABEMA
SE VOORSTELLE VIR 'N TV-BEDELING |
-
Afrikaans,
Engels, die Nguni- en die Sotho-tale/taalgroepe moet die basis van uitsendings
wees, hoewel die kleiner tale steeds in ag geneem moet word.
-
In
spitskyktyd moet kognate en kultuur-histories verwante tale dieselfde kanaal
deel op 'n 50/50 bloktyd-indeling. Dit beteken noodwendig dat Afrikaans
en Engels op een TV-kanaal, en die Nguni- en Sotho taalgroepe op 'n tweede
TV-kanaal saamgegroepeer sal word.
-
'n
Blokgleufbenadering vir taaldoedeling op 'n bepaalde TV-kanaal op 'n bepaalde
dag is wenslik, bv: een taal in die laatmiddag/vroegaand gleuf vir 3 dae
per week, en 'n alternatiewe taal (vir dieselfde kanaal) gedurende die
laat-aand gleuf op dieselfde dag, met 'n omgekeerde situasie (omruiling
van gleuwe) op die ander 3 dae per week. Die sewende dag (bv. Sondag) sou
'n gemengde taalaanbod kon akkommodeer. Kykers sal vooraf weet watter taal/taalgroep
op 'n bepaalde dag in 'n bepaalde tydgleuf uitgesaai sal word.
-
Die
SABC moet 'n minimum program-inhoud per week aan elkeen van die tale of
taalgroepe waarborg (idealiter 30 uur uitsaaityd gedurende spitskyktyd
per taalgroep per week).
-
Die
moderne tegnologie moet benut word om die teikens ten opsigte van elke
taalgroep prakties te haal:
-
onderskrifte
-
oorklanking
-
koppel-uitsendings
-
senderskeiding
(wat rekening hou met die taaldemografie van Suid-Afrika)
-
Die
SABC moet 'n aanvaarbare verskeidenheid van alle program génres
(verskeidenheids-, nuus-, kinder-, drama-, sport-, godsdiens-, musiek-,
joernaal-, aktualiteits-, opvoedkundige- en ander programme) aan elke taalgroep
toeken.
-
TABEMA
wil die vals persepsies en mites oor taal en kultuur op televisie uitwis.
Ons wil dit vervang met 'n meer realistiese siening wat gebaseer is op
FEITE oor elke taalgroep se leef-, kyk-, luister- en leesgewoontes.
-
TABEMA
wil die SABC daarvan oortuig dat Afrikaans - die eniste ontwikkelde moderne
inheemse taal in Suid-Afrika - net so 'n lingua franca soos Engels is,
en dat Afrikaans vir sy moedertaalsprekers dieselfde funksies as Engels
op alle lewensterreine vervul.
-
TABEMA
wil verseker dat die kommersiële TV-uitsaaidienste in Suid-Afrika
aan Afrikaans sy regmatige plek in hul uitsaai-skedules sal toeken.
|
.
| WAT
VRA ONS VAN U? WAT KAN U DOEN? |
As
ons stilbly, impliseer dit dat ons dinge aanvaar soos wat dit is. Daarom
vra TABEMA u om betrokke te raak. Ons wil graag van u hoor! Het u enige
voorstelle? Stem u met ons saam? Of voel u dat die taalbedeling soos wat
dit tans is aanvaarbaar is?
Skryf
asb aan tabema by die volgende adres of skakel ons met u voorstelle:
TABEMA
p/a Vriende van Afrikaans
Posbus 3256
MATIELAND 7620
Tel: (021) 808-3745
Faks: (021) 887-1999
E-pos: Tabema
|
|
Prof JB du Toit
Sekretaris:
TABEMA
|
|
Skryf aan die SABC en
kla oor die afskeepbedeling wat Afrikaans op sy TV-dienste ondervind:
Mnr Malan Otto
Sentrale Klagtekantoor
SABC
Privaatsak X1
AUCKLANDPARK 2006
Tel: (011)714-2541
of (011)714-3927
Faks: (011)714-4508
E-pos: Malan
Otto
Stuur asb 'n afskrif van
u brief aan TABEMA, asook 'n verdere afskrif aan:
Die Groep Uitvoerende
Hoof
SABC
Privaatsak X1
AUCKLANDPARK 2006
| KONTAK
DIE UITSAAI-KLAGTEKOMMISSIE VAN S.A. |
Die Uitsaai-Klagtekommissie
van SA is ingestel om klagtes oor programinhoud en uitsaaibeleid waarop
die verskillende uitsaaiers nie gunstig reageer nie, aan te hoor. Skryf
aan:
Uitsaai-Klagtekommissie
van SA
Posbus 47221
Parklands
2121
Fisiese adres:
33 Bath-weg 33
Rosebank
Johannesburg
Tel: (011) 788-7910
Faks: (011) 788-7933
|