Ons het nog ‘n oulike aanbieding vir ons
Afrikaanssprekendes op die lyf geloop!
Kosie Opperman, ‘n ondernemende
vrou van Wellington, het ‘n programmetjie geskryf waarmee kinders speel-speel
leer om op ‘n rekenaar te werk. Dit is ‘n tweetalige produk en heet
Slim Kabouters leer van Rekenaars/Clever elves learn computers
. Dit is geskik vir kinders van 4 – 9 jaar oud, maar kleintjies
wat nog nie kan lees nie, het ouerhulp nodig. Die CD kos R90 en
die VVA kry ‘n ruim kommissie op elkeen wat ons verkoop. Baie dankie aan
Kosie vir hierdie vergunning.