VRIENDE VAN
AFRIKAANS
Afrikaans - die vriendelike taal
“OU VRIENDE” DUBBELE MUSIEK-KOMPAKSKYF VRYGESTEL

Ou Vriende bestaan uit ‘n dubbelalbum musiek-kompakskyf (KS) waarvan die eerste KS ligte liedjies deur bekende Afrikaanse kunstenaars bevat. Mariana Malan skryf in Die Burger oor hierdie verskeidenheid: “Die uiteenlopendheid is welkom omdat dit die KS verteenwoordigend van ons ligte liedjieskat maak.”

Sy sê voorts: “Die ander KS in dié dubbelalbum maak die koop regtig die moeite werd.” Verskeie van Suid-Afrika se beste kore sing liedere vir oud en jonk.

“Ou Vriende” word deur die Vriende van Afrikaans, Stellenbosch, uitgegee. Dit is saamgestel deur dr Etienne Smit en ‘n paneel van musiekkundiges van die Wellington-tak om almal wat Afrikaans, praat, luister, sing en liefhet, te plesier. 

Kunstenaars soos Jannie du Toit, Coenie de Villiers, Laurike Rauch, Lucas Maree, Gé Korsten, Amanda Strydom, Janita Claassen en Matthys Roets is enkele van die solokunstenaars wat 21 liedjies op CD1 sing. Die liedjies sluit in: ‘n Liedjie vir jou; Ek wens; Ek het ‘n huisie by die see; Voshaarnooi; Sprokie vir ‘n stadskind; Jy is vrou; en Al lê die berge

Die Libertaskoor, Stellenbosse Universiteitskoor, Tygerberg Kinderkoor, Cutt Glass, Tukkiekoor, RAU Koor, en die UOVS Koor is deel van die kore en sanggroepe van op CD2 sestien werke uitvoer, waaronder ou bekendes soos Heimweë; Daar kom die Alibama; Jantjie; Halala Afrika; My hartjie, my liefie; Stuur groete aan Mannetjies Roux; en Aandgesang.

Vir elkeen wat ligte Afrikaanse musiek van hoë gehalte geniet en waardeer, is hierdie dubbele kompakskyf-stel die moeite werd.

Hierdie pakket word verkoop deur Die Vriende van Afrikaans, Posbus 3256, Matieland, 7602, of per e-pos by vvafr@sun.ac.za, of telefonies by 021 808 3745, of per faks by 021 887 1999.  Die koste is R125 per album plus R10 posgeld en verpakking (binnelands) en R30 (buitelands).

Die nodige bedrag kan ook inbetaal word in die Vriende van Afrikaans se bankrekening. Bankbesonderhede is soos volg:

Naam: Vriende van Afrikaans
Bank: Nedbank, Stellenbosch
Takkode: 10-71-10-45
Rekeningno: 1071-318-578
Stuur die kwitansie vir die inbetaling aan die adres hierbo, tesame met die adres vir aflewering, waarna die KS versend sal word. Teen R125 vir twee KS'e is hierdie inderdaad 'n winskopie, en 'n ideale geskenk (ook vir familie oorsee).

Die beloofde CD met Afrikaanse liedjies is word op 13 Mei bekendgestel. Die album bestaan uit twee CD’s – die een bevat opnames van sommige van ons beste kore en sanggroepe in ons land. Die ander CD bevat  items van 21  gewilde solokunstenaars. Dr Etienne Smit en die Wellington-tak van die Vriende van Afrikaans het die reusetaak verrig om met al hierdie kunstenaars en kore te onderhandel en met hierdie pragtige eindresultaat vorendag te kom. Ons vra baie mooi dat u hierdie fondsinsamelingsveldtog ondersteun en die nuus ook in u omgewing sal versprei. Dit is die moeite werd. 

Terug na Tuisblad