![]() |
Die Vriende
van Afrikaans het in 2003 ‘n borg gekry sodat ‘n voetslaankaart van
Tafelberg in Afrikaans vertaal kon word. Mnr Mhlobo Jadezweni van
die departement Afrikatale van die US het die kaart ook in isiXhosa
vertaal. Dit is een van die eerste, indien nie die eerste, kaart in ‘n
inheemse swart taal in Suid-Afrika nie.
Die kaart bevat inligting oor 23 staproetes en ook die plantegroei op die berg. Dit kom in ‘n beskermende plastiekkoevertjie. Dit is beskikbaar in uitgesoekte
boekwinkels en ook by die kantoor van die Vriende van Afrikaans teen R50.
|