|
![]() |
|
|
|
deur
A C Cilliers, Stellenbosch
Die Grondwet bepaal enersyds dat alle amptelike tale in Suid-Afrika gelyk is en gelyk behandel moet word, maar eintlik is die grondwetlike bepalings só bewoord dat dit geleentheid skep vir een of meer tale om ander amptelik te verdring. Die oplossing van taalstryde in Suid-Afrika kan in 'n groot mate afhang van moontlike grondwetlike wysigings. Die oorgangsgrondwet van 1993 het o.m. bepaal dat regte met betrekking tot taal en die status van tale wat by die inwerkingtreding van daardie Grondwet bestaan, nie ingekort word nie. Die huidige Grondwet bevat nie 'n soortgelyke bepaling nie. Sodanige regte kan dus wettiglik "ingekort" word, en dit geskied voortdurend. Die huidige Grondwet bepaal in artikel 6 dat die nasionale regering en provinsiale regerings "enige bepaalde amptelike tale vir regeringsdoeleindes [kan] aanwend", met inagneming van sekere faktore, maar sodanige regerings moet minstens twee amptelike tale gebruik. Bogemelde faktore sluit in "gebruik, doenlikheid, koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking ..." "[G]ebruik" word eerste genoem. Dit is dus die belangrikste faktor. Koste word slegs derde genoem, ná doenlikheid. Munisipaliteite moet "die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners" in ag neem. Niks verder word in hul geval deur die Grondwet geverg nie: koste en doenlikheid word in hul geval nie eers genoem nie. Die belangrikste en gemeenskaplike faktor by die aanwending van amptelike tale is "gebruik" (nasionale en provinsiale regerings) en "taalgebruik en voorkeure"( munisipaliteite), wat op wesenlik dieselfde neerkom. Taal word geskep en leef in die volksmond. 'n Taal bestaan ter wille van 'n volk, nie ter wille van regerings nie. Daar is geen definisie van "amptelike taal" in die Grondwet nie. "[Taal]gebruik" beteken tog gebruik deur die bevolking, nie deur die regering nie. Die woorde van die Grondwet "vir regeringsdoeleindes" skep verkeerdelik die indruk dat 'n taal "amptelik" is ter wille van regeringsgebruik. Die name van heelwat volke en hul vaderlande word ontleen aan die tale wat daardie volke praat en skryf. Die moedertaal van Duitsers is Duits, en die vaderland van die meeste Duitsers is Duitsland. Dieselfde geld vir Engelse, Franse, Italianers, ens. "Die taal is gans die volk" -- aldus Generaal Hertzog. 'n Enkele voorbeeld van dreigende taalverdringing, wat onder die oorgangsgrondwet van 1993 nie bestaan het nie, volg hier. Die
oorgangsgrondwet het in artikel 107 o.m bepaal dat 'n party by 'n geding,
'n beskuldigde en 'n getuie gedurende die verrigtinge van 'n hof
(a) die Suid-Afrikaanse taal van sy of haar keuse kan gebruik en
Die
huidige Grondwet het 'n bepaling soos (a) hierbo geskrap. In 'n strafverhoor
het 'n beskuldigde vandag ingevolge artikel 35(3) slegs die reg om verhoor
te word in 'n taal wat hy of sy verstaan, of, as dit nie
'n Afrikaanssprekende beskuldigde kan byvoorbeeld gedwing word om, as hy/sy sou getuienis lewer, dit in Engels te doen en om aan die hofverrigtinge in Engels deel te neem net omdat hy/sy Engels verstaan. Is dit 'n "billike verhoor" (inleidingsin van artikel 35(3)) ? Is dit nie "onbillike diskriminasie" op grond van taal soos beoog deur artikel 9 van die Grondwet (sien hieronder) nie? Op bogemelde wyse kan Afrikaans of menige ander inheemse tale grootliks deur Engels as hoftaal verdring word. Ek stel voor dat artikel 6 van die Grondwet soos volg gewysig word:
Artikel 9 verbied die staat om regstreeks of onregstreeks "onbillik" teen iemand te diskrimineer, onder meer op grond van taal. Ingevolge artikel 9(4) is diskriminasie onbillik tensy daar vasgestel word dat dit billik is. Die onus is dus op die staat om te bewys dat taaldiskriminasie in 'n bepaalde geval billik is. Die
oorgangsgrondwet het in artikel 3(9) bepaal dat wetgewing, asook amptelike
beleid en praktyk met betrekking tot die gebruik van tale op enige regeringsvlak
onderworpe is aan en gegrond is op onder meer
Indien
die Grondwet, in soverre dit tale betref, nie verbeter word nie, is dit
moontlik vir die staat om, by wyse van finansiële kontrole van opvoedkundige
en ander inrigtings, oorheersing van bepaalde amptelike
|